Sunday, 9 February 2020

Leurs Yeux Toujours Purs
Paul Éluard


Jours de lenteur, jours de pluie,
Jours de miroirs brisés et d'aiguilles perdues,
Jours de paupières closes à l'horison des mers,
D'heures toutes semblables, jours de captivité,

Mon esprit qui brillait encore sur les feuilles
Et les fleurs, mon esprit est nu comme l'amour,
L'aurore qu'il oublie lui fait baisser la tête
Et contempler son corps obéissant et vain.

Pourtant, j'ai vu les plus beaux yeux du monde,
Dieux d'argent qui tenaient des saphirs dans leurs mains,
De véritables dieux, des oiseaux dans la terre
Et dans l'eau, je les ai vus.

Leurs ailes sont les miennes, rien n'existe
Que leur vol qui secoue ma misère,
Leur vol d'étoile et de lumière,
Fleuve, plaine, rocher, leur vol,
Les flots clairs de leurs ailes,

Ma pensée soutenue par la vie et la mort.

_____________________________________

Hul oë altyd rein
Paul Éluard


Dae was so traag is, dae van reën,
Dae van gebroke spieëls en verlore naalde,
Dae van ooglede geslote vir die seë se einders,
Van ure wat almal eners is, dae van gevangenis,

My gees wat nog geglans het op blare
En blomme, my gees is nakend soos die liefde,
Die daeraad wat hy vergeet laat hom sy kop sak
En sy liggaam aanskou gehoorsaam en vergeefs.

Tog, die mooiste oë in die wêreld het ek gesien,
Gode van silwer met saffiere in hul hande,
Ware gode, voëls in die aarde
En in die water, ek het hulle gesien.

Hul vlerke is myne, niks bestaan nie,
As net hul vlug wat my ellende skud,
Hul sterrevlug, hul vlug van lig,
Rivier, vlakte, rots, hul vlug,
Die helder golwe van hul vlerke,

My gedagtes geskraag deur die lewe en die dood.

Vertaling deur Uys Krige


Saturday, 8 February 2020

Het zingen van de wereld
Marc Tritsmans


laat deze aarde na onze verdwijning
lanzaam weer op adem komen
haar vele diepe wonden likken

slechts zal worden gemist
dat wij de enigen waren die haar
en alle zichtbare, denkbare dingen

bedachten met een naam zodat
na ons alles naamloos en zonder
te worden erkend verder zal moeten

bestaan en hoewel al onze wanklanken
al ons zinloos en doelloos kabaal
in het niets zullen sijn opgelost

zanglijster, nachtegaal en kleine karekiet
opnieuw hun hoge lied zullen aanheffen
zal ook voor eeuwig blijven ontbreken

wat tovenaars als Bach en Beethoven
ooit zo wonderbaarlijk aan het zingen
van deze wereld hadden toegevoegd

________________________________

Die singende wêreld
Marc Tritsmans


laat hierde wêreld ná ons verdwyning
stadig haar asem terugkry
haar talle diep wonde lek

al wat gemis sal word is dat ons
die enigstes was wat haar
en alle sigbare, denkbare dinge

'n naam kon gee sodat ná
ons alles naamloos en sonder
erkenning verder sal moet bestaan

en hoewel al ons wanklanke
ak ins sinlose en doellose kabaal
in die niet opgelos sal wees

sanglyster, nagtegaal en klein karekiet
opnuut hul hoë lied sal aanhef
sal ook vir ewig bly ontbreek

wat towenaars soos Bach en Beethoven
eens so wonderbaarlik aan hierdie 
singende wêreld toegevoeg het

Vertaling deur Daniel Hugo


Friday, 7 February 2020

Ijsvogel
Marc Tritsmans


als iets totaal onmogelijks
duikt hij mijn werkelijkheid
verblindend, kwikzilverig binnen
want van vloeibaar metaal is hij

zonder twijfel van de andere zijde
een boodschapper van achter de spiegel
in mijn leven hoort hij niet thuis, niet
in dit vlakke en vaak kleurloze land 

maar uitverkoren voel ik me 
telkens als onze wegen elkaar kruisen
alsof ik deze aanblik niet verdien

allebei ongemerkt een grens overstoken
ontmoeten wij elkaar in dit niemandsland
niet wetend of een terugkeer nog mogelijk is

__________________________________________

Ysvoël
Marc Tritsmans


as iets totaal onmoontliks
duik hy my werklikheid
verblindend, kwiksilwerig binne
want van vloeibare metaal is hy

sonder twyfel van die anderkant
'n boodskapper van agter die spieël
in my lewe hoort hy nie tuis nie, nie
in dié lae en dikwels kleurlose land nie

maar ek voel uitverkore elke keer
as ons paaie kruis
asof ek hierdie raaksien nie verdien nie

ons ontmoet mekaar in dié niemandsland
ongemerk moes albeo 'n grens oorsteek
sonder om te weet of 'n terugkeer nog moontlik is

Vertaling deur Daniel Hugo


Thursday, 6 February 2020

Bloed
Marc Tritsmans


in elk warm dier sluipt dezelfde trage wijze vloeistof
die verdeelt en heerst, feilloos weet wat een leven
nodig heeft en daartoe beschikt over een onmetelijk

geheugen dat teruggaat naar ons gezamenlijk begin:
dit is de rode draad, een niet te stoppen eeuwigdurende
stroom die ons hoe dan ook met alkaar verbonden houdt

die elke dag zonder dat wij er iets van merken tientallen
oorlogen uitvecht met sluipmoordenaars en verraders
die het hardnekkig op ons voortbestaan hebben gemunt

is het toeval of cynisme dat wij hetzelfde koud metaal
dat hier de warmste maar ook meest kwetsbare kleur
in doet ontstaan, zo kwaadaardig hebben uitgekozen 

om er onze zo onmisbare zwaarden, geweren, koegels
en bommen van te smeden die al dat zachte vlees
op de wreedste manieren kunnen splijten en openrijten?

__________________________________________

Bloed
Marc Tritsmans


in elke dier sluip dieselfde trae, wyse vloeistof
wat verdeel en heers, feilloos weet wat 'n lewe
nodig het en daarom beskik oor 'n onmeetlike

geheue wat teruggaan na ons gesamentlike begin:
dit is die rooi draad, 'n onkeerbare ewigdurende
stroom wat ons hoe dan ook aan mekaar verbind

wat elke dag, sonder dat ons iets agterkom, tientalle
oorloë uitveg met sluipmoordenaars en verraaiers
wat ons voortbestaan hardnekkigbedreig

is dit toeval of sinisme dat ons dieselfde koue metaal
wat in hom die warmste maar ook kwesbaarste kleur
bewerkstellig, so kwaadwilliglik uitgekies het

om ons onmisbare swaarde, gewere, koeëls
en bomme van te smee wat al daardie sagte vlees
op die wreedste maniere kan splyt en oopskeur?

Vertaling deur Daniel Hugo

Wednesday, 5 February 2020

Suite
Paul Eluard


Dormir la lune dans un œil et le soleil dans l'autre
Un amour dans la bouche un bel oiseau dans les cheveux
Parée comme les champs les bois les routes et la mer
Belle et parée comme le tour du monde.

Fuis à travers le paysage
Parmi les branches de fumée et tous les fruits du vent
Jambes de pierre aux bas de sable
Prise à la taille à tous les muscles de rivière
Et le dernier souci sur un visage transformé.

_______________________________________

Suite
Paul Eluard


Jy slaap met die maan in die een oog en die son in die ander
'n Skat op jou mond en 'n geelvink in jou hare
Versier soos die veld die bosse die paaie en die see
Mooi en versier soos 'n reis om die wêreld.

Jy vlug oor die landskap
Tussen die takke van rook en al die vrugte van die wind
Klipbene met sandkouse
Met al die spiere van die rivier om jou middel geslaan
En die laaste onrus op 'n herskape gelaat.

Vertaling deur Uys Krige


Lucht
Marc Tritsmans


gelukkig beseffen we niet voortdurend hoe wankel
en hulpeloos wij een leven lankg balanceren
op de rand van de verstikkingsdood

want om de vijf sekonden slaan hersenen onopvallend
alarm, trekken midderifspieren zich samen
ontvouwt de warme blaasbalg van onze longen

beluister dus af en toe verwonderd  dit zachte ruisen
en voel het precieze ogenblik waarop zich in het diepst
van jezelf het wonder voltrekt, meer dan tien keer

per minuut wordt wat eerst nog buiten was helemaal
binnen, grijpen longblaasjes snel en precies wat nodig is
nemen afscheid van wat ons lichaam overbodig acht

dag en nacht worden wij omarmd en omhuld door deze
onsichtbare, immer bescheiden metgezel die ons zelfs
bijstaat als wij bang en zinloos happen voor het laatst

___________

Lug
Marc Tritsmans


gelukkig besef ons nie voortdurend hoe wankelend
en hulpeloos ons 'n lewe lank balanseer
op die rand van versmoring nie

want elke vyf sekondes maak die brein onopvallend
alarm, trek die midderifspiere saam
ontvou die warm blaasbalk van ons longe

luister daarom af en toe verwonderd na dié sagte geruis
en voel die presiese oomblik waarop in jou diepste
self die wonder plaasvind, meer as tien keer

per minuut word wat eers buite was heeltemal
binne, gryp longpypies vinnig en presies wat nodig is
neem afskeid van wat ons liggaam oorbodig ag

dag en nag word ons omarm en omhul deur dié
onsigbare, altyd beskeie metgesel wat ons selfs
bystaan as ons vir laas bang en sinloos snak na asem

Vertaling deur Daniel Hugo


Tuesday, 4 February 2020

Aarde
Marc Tritsmans


dat ze van ons houdt is onwaarschijnlijk
dat ze one wil houden lijdt geen twijfel
zo stevig trekt ze ons tegen zich aan
dat gewrichten almaar harder gaan kraken

en wij blijven wel koppig ontkennen
dat ze met ons kan doen wat ze maar wil
trachten vaak aan haar greep te ontsnappen
maar langer dan een dag laat ze ons niet los 

op de knieën dwingt ze ons ten slotte allemaal
doet ons huilend bekennen dat wij haar aanbidden
en als niemand het ziet wilen we niets liever

dan haar vruchtbare koelte strelen, opsnuiven
de oeroude geur, koesteren de lome swaarte 
die ons draagt en ons uiteindelijk zal verpletteren

_____________________________________

Aarde
Marc Tritsmans


dat sy van ons hou is onwaarskynlik
dat sy one wil hou ly geen twyfel nie
so stewig trek sy ons teen haar aan
dat gewrigte al harder begin kraak

en ons bly hardkoppig ontken
dat sy met ons kan doen wat sy wil
probeer dikwels om aan haar greep
te ontsnap, maar lank laat sy ons nie los nie

ten slotte dwing sy ons almal op ons knieë
laat ons huilend beken dat ons haar aanbid
en as niemand dit sien nie wil ons al te graag

haar vrugbare koelte streel, die oeroue
geur opsnuif, die loom swaarte koester
wat ons dra en uiteindelik sal verpletter

Vertaling deur Daniel Hugo




Monday, 3 February 2020

Maan
Marc Tritsmans


als in koude, wolkeloze nachten
plotseling al te zichtbaar wordt
hoe volstrekt alleen wij door deze 
peilloze leegte moeten reizen

legt zij haar arm om ons heen
waarbij al het water van de zeeën
gedwee met haar meewiegt
precies zoals onze vrouwen 

met wie ze toch ooit een geheim
verbond heeft gesloten: ze neuriën
en bloeden zelfs zachtjes mee
op het ritme van haar trage dans

die de aarde doet rimpelen
en trillen, er voor onzen
oren onhoorbaar de zuiverste
grondtoon aan ontlokt


_______________________

Maan
Marc Tritsmans


wanneer in koue, wolklose nagte
plotseling al te sigbaar word
hoe volstrek alleen ons deur
hierdie peillose leegtes moet reis

sit sy haar arm om ons terwyl
al die waters van die oseane
gedwee met haar saamwieg
presies soos ons vroue doen

met wie sy mos lankal 'n geheime
verbond gesluit het: hulle
neurie en bloei selfs saggies saam
op die ritme van haar trae dans

wat die aarde laat rimpel
en tril, en onhoorbaar vir ons
ore uit haar die suiwerste
grondtoon kan lok

Vertaling deur Daniel Hugo



Sunday, 2 February 2020

Услышишь гром
анна ахматова


Услышишь гром и вспомнишь обо мне,
Подумаешь: она грозы желала…
Полоска неба будет твердо-алой,
А сердце будет как тогда – в огне.

Случится это в тот московский день,
Когда я город навсегда покину
И устремлюсь к желанному притину,
Свою меж вас еще оставив тень.

_________________________________


You will hear thunder
Anna Akhmatova
You will hear thunder and remember me,
And think: she wanted storms. The rim
Of the sky will be the colour of hard crimson,
And your heart, as it was then, will be on fire.
That day in Moscow, it will all come true,
when, for the last time, I take my leave,
And hasten to the heights that I have longed for,
Leaving my shadow still to be with you.
 Translated by D.M. Thomas
___________________________________



Saturday, 1 February 2020

Buddha in der glorie
Rainer Maria Rilke


Mitte aller Mitten, Kern der Kerne,
Mandel, die sich einschließt und versüßt, –
dieses Alles bis an alle Sterne
ist dein Fruchtfleisch: Sei gegrüßt.
Sieh, du fühlst, wie nichts mehr an dir hängt;
Im Unendlichen ist deine Schale,
und dort steht der starke Saft und drängt.
Und von außen hilft ihm ein Gestrahle,
denn ganz oben werden deine Sonnen
voll und glühend umgedreht.
Doch in dir ist schon begonnen,
was die Sonnen übersteht.

_________________________________ 


Buddha in Glory
Rainer Maria Rilke


Centre of all centres, core of cores,
almond that encloses and sweetens itself –
everything, reaching to all the stars
is your fruit’s flesh: Hail. 
Look, you feel how nothing clings to you;
now your shell surrounds the infinite
and there the strong sap dwells and rises.
And from without a radiance assists him 
for high above your suns are turned,
whole and glowing, in their orbits.
Yet in you has already begun
what endures beyond the suns.

Translated by Luke Fischer



_________________________________